DONATE

Die Kleinmond/Sarmiento Kulturele Uitruil Program is gebore in Kleinmond en word ondersteun deur die Suid Afrikaanse Vereniging in Sarmiento, Argentiniƫ. Ons wou graag uitreik na die afstammelinge van die groep Afrikaners wat hulle na die Anglo Boere Oorlog op Sarmiento in die Chubut provinsie in Argentiniƫ gevestig het. Hierdie mense vier na meer as 120 jaar steeds hul Afrikaanse kultuur op wonderlike wyse. Ons wil nouer bande vestig en veral kyk of ons nie 'n bydrae, al is dit hoe klein ookal, kan maak om hierdie kultuur en veral die praat van Afrikaans daar te bevorder nie. Dit het gelei tot die idee van 'n uitruilprogram waaraan jongmense van ons onderskeie dorpe deelneem. Die eerste twee Argentyne kom reeds in Januarie op Kleinmond aan en ons stuur twee van ons jongmense later in 2020 daarheen. Om dit moontlik te maak beplan ons verskeie fondsinsamelingsprojekte. Ondersteun ons asb. U kan ook help deur 'n donasie te maak van so min as R50. Daar is ook opsies vir groter bedrae. By voorbaat dank vir u bereidwilligheid om hierdie goeie saak te ondersteun

 

Vriendelike groete

 

Gerard Grobler, uitgewer van die Overstrand Herald

Phone:
+27 28 2714212
Address:
17A 14th street Kleinmond
Hours:
Monday - Tuesday: 8:00 am - 5:00 pm Wednesday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com